Home | ARTICLES | SOOS EK DIT SIEN | Soos ek dit sien

NEWSFLASH

Watch this space for the new I Believe website in conjunction with 3D Acts coming soon


UPCOMING EVENTS

There are no events at this time


ADVERTISERS



Banner
 
Soos ek dit sien PDF Print E-mail

Corné Dannhauser is 'n man van vele talente en belangstellings in uiteenlopende rigtings, net soos die kunstenaars van ouds. Soos Michelangelo het hy 'n gesonde belangstelling in die menslike liggaam. In Corné se geval vind dit uitdrukking in sy wye kennis oor gesondheid, wat eetgewoontes en fiksheid behels. Hy is 'n persoonlike afrigter van kettlebells en is stadig maar seker besig om 'n uiteenlopende groep mense te help om optimale gesondheid te bereik, van alledaagse mense tot kunstenaars en sportpersone. Gaan lees meer oor dié interessante manier van oefen by http://www.kettlebellfitness.co.za

Net soos Michelangelo is Corné ook iemand wat homself kniediep in die kunste bevind. In die musiekindustrie is hy 'n bekende baskitaarspeler, onder andere vir Nataniël, komponis en regisseur vir sy vermaaklikheids- en kreatiewe kommunikasiebesigheid, Velvet Motion. Saam met sy vrou en besigheidsvennoot, Heidi Bouwer, verskaf hulle unieke en kwaliteit lewende vermaak by korporatiewe en privaat funksies. Gaan loer gerus in by www.velvetmotion.co.za om meer hieroor te lees. Corné is ook 'n liedjieskrywer van formaat en, na jare se skryf vir ander mense, het sy eerste, eie, oorspronklike Afrikaanse CD laas jaar die lig gesien. Jy kan meer uitvind oor sy Afrikaanse musiek by http://www.cornecorne.co.za

Nie net skryf hy musiek en liedjies nie, Corné is ook, net soos Michelangelo, aan die dig. Alhoewel sy gedigte nog nie in 'n bundel is nie, is verskeie daarvan te lees op webtuistes soos www.woes.co.za, www.praat-afrikaans.co.za en ook op sy Afrikaanse webwerf. Sy ander groot liefde in die skryfkuns is spesifiek artikels. Dít is wat julle hier te lees sal kry op http://www.ibelieve.co.za

Siende dat Corné besef dat al hierdie wonderlike gawes nie daar is deur sy eie briljantheid nie, is die belangrikste aspek van sy lewe sy verhouding met God. Om die waarheid te sê sien hy alles wat hy aanpak as 'n voortvloeisel uit dié verhouding en is alles wat hy doen in daardie opsig dan ook sy bediening. Corné is so tussen die werk en die huislewe ook besig met sy B.Th graad.
 

Soos-ek-dit-sien.jpg

 
Banner