|
Efe.6:10 "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte".
Meeste van ons kry dae, waarin ons bietjie moedeloos en kragteloos voel. Maar jy hoef nie in daardie toestand te lewe nie. Jy kan sterk wees in die Here en in die krag van Sy sterkte. Ons het nie nodig om rond te loop asof verslaan en depressief nie. Ons kan besluit om hierdie week te begin met opgewektheid en blydskap. Leer die Bybel dan nie "My blydskap in die Here is my beskutting" nie?(Neh.8:11).
Die blydskap in die Here, word nie gebasseer op omstandighede nie bv., op die nuus van die dag nie, die olieprys en rand/dollar waarde nie, die prys van huise of die inflasie koers nie. My blydskap is in die Here, want my naam is geskryf in die Boek van die Lewe. God gee my lewe en my toekoms is versekerd. Hierdie blydskap kan die duiwel nie wegneem nie, want dit kom van God. Hier diep binne in my weet ek, my Verlosser leef, weet ek, die prys is betaal. Kry 'n glimlag op jou gesig, steek jou hande op en prys die Here en verf jou blou Maandag, bloedrooi! Halleluja! Besluit, ek is kragtig in die Here en ek staan in die krag van Sy sterkte.
Gebed. Baie dankie Vader, dat my blydskap en krag in U gesetel is en nie in die opinie van die duiwel of die wereld rondom my nie. Ek staan kragtig hierdie week, in Jesus naam. Amen.
Geskryf deur Pastoor Monty Eloff
www.montyeloff.co.za
|