Home | ARTICLES | GENERAL | Ek is nie bang nie.

NEWSFLASH

Watch this space for the new I Believe website in conjunction with 3D Acts coming soon


UPCOMING EVENTS

There are no events at this time


ADVERTISERS



Banner
 
Ek is nie bang nie. PDF Print E-mail

Ps.27:1  "‘n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?"

Moenie toelaat dat die sorge van die lewe jou vandag oorweldig nie. Moenie vrees nie, vrees is geloof in trurat. Daar staan geskrywe, "En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie (Deut.31:8)". Kyk wat se God self,  "jy mag nie bevrees of verskrik wees nie". Daarom leer Salomo,   "Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges" (Spr.3:25 en 33). Moenie vandag alleen voel in jou stryd nie, want in Deut. 31:6  lees ons, "Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie". Gaan jou nawek tegemoet met blydskap en vreugde, want God is nog steeds in beheer.

Gebed. Baie dankie Vader, dat U my verseker uit U Woord, ek hoef nie te vrees vir enige teespoed of aanval van die vyand nie. Ek staan sterk in Jesus naam. Amen.

Besoek www.montyeloff.co.za vir meer artikels
 

 
Banner